14 Unieke redes
Wat maak Midstream-Skole uniek?
1. Drie skole maar een gesin
By Midstream begin jou kind se skoolreis reeds vroeg! Ons drie babahuise en drie kleuterskole help kleintjies om hul mylpale met selfvertroue te bereik. Midstream College Hoërskool, Midstream College Laerskool en Midstream Ridge Laerskool het ‘n hegte band, en is ‘n plek waar kinders van graad 1 tot 12 in ‘n dinamiese omgewing kan groei, en vir die wêreld daarbuite kan voorberei. Word deel van die Midstream-gemeenskap waar vriende en ouers nie net ondersteunend is nie, maar regtig betrokke in ons kinders se lewens is. Dit is ‘n plek waar gemeenskap saak maak en waar ons almal saam groei.
2. Veilige omgewing vir ons kinders
Ons skole is binne Midstream Estate, wat beteken dat kinders veilig te voet, per fiets of selfs met ‘n bromponie skool toe kan gaan. Vriendelike, opgeleide sekuriteitswagte help kinders om voetoorgange veilig oor te steek en verminder ouers se stres oor skoolverkeer.
3. Parallelmedium en gemengde onderrig
Ons kinders leer mekaar ken met Engels en Afrikaans wat apart in gemengde geslag klasse aangebied word. Met hierdie blootstelling word ons kinders vir die diverse wêreld waarin hulle gaan leef en werk, voorberei.
4. Christelike waardes
Ons handhaaf onbeskaamd Christelike waardes. Elke skooldag begin met skriflesing en gebed in die klaskamer, en saalbyeenkomste en personeelvergaderings volg dieselfde beginsel. Die dag eindig met ‘n gebed oor die interkom – ‘n manier om ons geloof in ons daaglikse roetine te integreer.
5. Bekostigbaar
Gee jou kind die beste. Ons skoolfooie is die beste vir ‘n privaat skool en wys dat ons regtig vir jou kind se opvoeding omgee.
6. Topakademie
Klein klasgroottes beteken meer persoonlike aandag. Ons kinders presteer uitmuntend. In 2024 het die beste publieke skool in Pretoria 54 Wiskunde-onderskeidings met hul 246 leerders behaal. Midstream College se 162 Wiskundeleerders van 2024 het 77 onderskeidings behaal!
7. Gespesialiseerde kurrikulum
Die IEB-kurrikulum is ontwerp om leerders uit te daag en te inspireer. Ons 2024-matrikulante het meer as 700 onderskeidings behaal, wat hulle uiters gesog maak by universiteite en tersiêre instellings.
8. Omvattende (holistiese) onderwys
Ons benadering tot opvoeding is gebalanseerd waar akademie, sport en kultuur hand aan hand loop. Ons kinders word verskeie geleenthede gebied om hul volle potensiaal op talle terreine te ontwikkel.
9. Tegnologie
Ons kinders het toegang tot 10 rekenaarsentrums wat verseker dat hulle vanaf graad 1 aan robotika, rekenaarvaardighede en tegnologie blootgestel word. Hulle leer ook hoe om die internet veilig te gebruik en om met Microsoft sagteware te werk. In die junior grade leer hulle basiese programmering en in die senior grade hoe om met JAVA te programmeer.
10. Personeel
Met vier doktorsgrade en personeel wat nog steeds besig is om hulself verder te kwalifiseer, is dit duidelik dat die onderwysers hoogs bekwaam is. Ons onderwysers is passievol, toegewy en bou ‘n hegte verhouding met hul leerders. Ons kinders het die vrymoedigheid om hulself te wees en die persoonlike interaksie met hul onderwysers is ‘n bevestiging van hierdie goeie verhouding tussen onderwysers en kinders.
11. Wêreldklasfasiliteite
Topklasfasiliteite stel ons kinders in staat om hul volle potensiaal in sport en kultuur te bereik. Drie swembaddens (waarvan een binnenshuis en verhit is), twee hokkie-astros en 10 krieket- en rugbyvelde, om maar net ‘n paar te noem, is tot ons kinders se beskikking. Midstream College hoërskool is reeds twee jaar lank die A-bond-swemkampioene en Midstream College Laerskole al A-Liga kampioene sedert 2019.
12. Puik afrigting
Ons kinders kry die beste afrigting by gekwalifiseerde afrigters wat hul sport- en kultuurtalente ontwikkel. Dit help hulle om selfvertroue te bou en hul vaardighede te slyp.
13. Dissipline
Die privaatskoolomgewing bied ons skool die vryheid om dissipline streng en regverdig toe te pas. Dit skep ‘n gestruktureerde en positiewe leeromgewing waar kinders floreer.
14. Avontuurkampe en toere
By Midstream glo ons aan leer buite die klaskamer! Ons leerders kry jaarliks die kans om op avontuurkampe en toere te gaan – plaaslik én internasionaal. Dit is ‘n wonderlike manier om nuwe ervarings op te doen, vriendskappe te bou en die skoollewe ten volle te geniet.
Jou toekoms begin hier
Kweek leiers,
bou toekomsdrome…
Sluit aan by ons Midstream-familie en word deel van ‘n gemeenskap wat prestasie en groei koester.