LMCP 20 jaar oud (2006 – 2026)

Feb 5, 2026 | Laerskool Midstream College Primary

16 Jan 2026 | Laerskool Midstream College Primary

Liewe LMCP, ons 2de tuiste! Baie geluk met jou 20ste verjaardag!

Dit was onvergeetlik om die dag met ons direkteure, stigters-onderwysers, vorige skoolhoofde, ‘n heerlike koek én geheimsinnige, splinternuwe gelukbringer te gedenk!

Voeg daarby roomys, piekniek en atletiek-opwinding, en ons het sowaar hierdie mylpaal-verjaardag met ‘n propvol pretdag gevier! 🙌🏻🎉

#lmcpforlife #lmcptrots #lmcpnextlevel

20 years strong liedjie – https://www.youtube.com/watch?v=iwyhPUKN0h8

Geskiedenis

Laerskool Midstream College Primary was die droom van die Bondev Groep, die ontwikkelaars van Midstream Estates. Die direkteure Johan van Wyk, Jan Zeederberg, Riaan Botma en Chris Smith het die skool in Januarie 2006 geopen.

Met gehalte onderwys en ontwikkelingsbehoeftes as uitgangspunt, is daar besluit dat die skool se leuse die Latynse woord Excellentia sal wees. Excellentia beteken voortreflikheid. Die skoolwapen is ʼn kombinasie van bakens in die gebied waar Midstream geleë is: die brûe oor die stroom, die Hoëveldse riwwe en die torings by die ingang van Midstream.

Na vele beraadslaging is daar besluit dat die College ʼn parallelmediuminstelling sou wees. Laerskool Midstream College Primary is amptelik op 17 Januarie 2006 met Vernon Harmse as die hoof geopen. Daar was oorspronklik 21 onderwysers en 370 leerders van graad 1 tot graad 7.

Laerskool Midstream College se skoollied is deur ons baie talentvolle destydse musiekonderwyser, Antoinette Holford, geskryf en gekomponeer. Die skoolsaal is amptelik op 19 Januarie 2007 geopen en die Bondev-paviljoen is amptelik in November 2007 geopen.

Midstream-Skole bestaan tans uit Laerskool Midstream College Primary, Laerskool Midstream Ridge Primary en Midstream College Hoërskool.